Temba Logo

German building Swakopmund Namibia
ANDER NAMIBIE HOTELLE
STUUR E-POS
TUISBLAD
VOERTUIGHUUR
ENGLISH
Tel +27 (0) 21 855 0395
 

SWAKOPMUND

Kliek eenvoudig op die foto om nog inligting oor die spesifieke Swakopmund Hotel, Lodge of selfsorg-verblyf te kry en om ‘n bespreking te maak.

 
Alte ?Brucke
Alte Brücke - selfsorg en kampering in Swakopmund. Die tuine vul die lodge pragtig aan. Alte Brücke is binne loopafstand van Swakopmund se strand.
The Stiltz Lodge Swakopmund

The Stiltz - akkommodasie wat verkies word in Swakopmund. Hierdie wêreldklas lodge bied ‘n baie spesiale belewenis. Dit is op stelte of houtpale in die Swakop-rivier gebou en bied luukse akkommodasie slegs ‘n paar honderd meter vanaf die strand.

The Beach Hotel in Swakopmund

Die Beach Hotel - is ‘n redelik nuwe hotel op die strand van Swakopmund. Die Beach Hotel bied eksklusiewe hotelkamers vir gesinne aan.

Sams Giardino Hotel  in Swakopmund Namibiaakopm

Sam's Giardino - is ‘n Duitse boetiekhotel en is bekend vir uitstekende diens, ruim kamers en Duitse argitektuur. Dit is in Swakopmund geleë.

Hotel Eberwein in Swakopmund Namibia

Hotel Eberwein - is ‘n hotel in die Duitse styl in Swakopmund en is bekend vir Duitse presisie en diens. Dit is sentraal geleë en is die ideale verblyfplek as jy die gebied wil verken.

The hansa Hotel in Swakopmund namibia

Die Hansa Hotel - Namibië se oudste en beste hotel in Swakopmund. Hierdie hotel bied ouwêreldse sjarme en uitstekende diens aan.

Swakopmund Hotel and entertainment centre

The Swakopmund Hotel en Buiteklub - is in die pragtige ou stasiegebou van Swakopmund geleë. Die Swakopmund Hotel is ‘n wêreldklas luukse hotel en casino in Swakopmund.

Swakopmund Municipa Rest camp

Munisipale Ruskamp - bekostigbare selfsorg-verblyf vir gesinne en hengelaars in Swakopmund.

Hotel Pension Rapmund in Swakopmund
Hotel Pension Rapmund - bied redelike tariewe en is sentraal geleë. Baie naby aan die strand van Swakopmund en naby talle restaurante en winkels.

DIE AVONTUUR-HOOFSTAD VAN NAMIBIE: SWAKOPMUND

Die dorp Swakopmund is op die kuslyn van die Namib-woestyn geleë. Ondanks die dorre toestande, is die dorp verbasend mooi, warm en vriendelik. ‘n Verskeidenheid restaurante, hotelle, gastehuise, winkels en ‘n casino sorg vir ‘n polsende, lewendige atmosfeer in Swakopmund.

Die oorwegend Duitse koloniale argitektuur maak Swakopmund ‘n aantreklike en interessante besoekpunt. Daar is ‘n aantal historiese geboue en aantreklikhede in die dorp, soos byvoorbeeld Woerman-huis, wat nou ‘n monument is, en die “Martin Luther”-lokomotief wat in 1896 die land ingebring is en uiteindelik in die woestyn agtergelaat is. Vandag is dit ook ‘n monument.

Swakopmund is in 1892 gestig, as die hoofhawe van Duits-Suid-Wes-Afrika. Daar was voldoende vars ondergrondse water in die droë Swakop-rivierloop en die dorp het vir baie jare lank as ‘n hawedorp floreer. Mettertyd het Walvisbaai se hawe meer geskik geword vir skeepsaktiwiteite. Vandag is Swakopmund ‘n kusoord wat meer op vakansiegangers as op skepe ingestel is, en daar word talle aktiwiteite en soorte akkommodasie aangebied. ‘n Mens kan Swakopmund op ‘n uitstekende teerpad vanaf Windhoek bereik, of jy kan via die Namib-woestyn ry (onthou om Sossusvlei te besoek). Daar is ook ‘n lughawe indien jy eerder sou wou vlieg.

Dit is die moeite werd om vir ‘n paar dae in Swakopmund oor te bly, omdat daar iets vir die meeste vakansiegangers in hierdie kusdorp aangebied word. Die weer is matig, met temperature tussen 15° en 25° Celsius. Daar is dikwels ‘n misbank wat oor die kus hang, weens die koue Benguela-seestroom langs die kus. Hierdie stroom is ryk aan voedingstowwe en die see is vol vis van verskillende spesies – goeie nuus vir ywerige hengelaars! Vir die meer avontuurlustiges is daar ballonritte, vierwielmotorfietsritte (“quad bikes”) in die skouspelagtige sandduine tussen Swakopmund en Walvisbaai, asook valskermspring. Daar is ook ‘n kameelplaas net buitekant die dorp en ritte met die droë Swakop-rivier langs kan gereël word om die “Maanlandskap” te sien. Daar is talle restaurante en koffiewinkeltjies wat jou nader lok met die heerlike aroma van vars Duitse gebak.

Daar is verblyf om ‘n groot verskeidenheid besoekers te pas. Vir diegene wat ‘n bietjie meer luuksheid verkies, is daar die “The Stitz Hotel” wat luukse houtchalets op stelte, wat op die Swakop-rivierloop uitkyk, aanbied. Dit bied ‘n asemrowende uitsig oor voëls se bedrywighede en die see. Nog ‘n opsie is die Beach Hotel, wat reg op die strand is. Hulle verskaf bogemiddelde akkommodasie naby aan die see vir paartjies of gesinne.

Daar is ‘n aantal hotelle in die dorp wat uitstekende akkommodasie en heerlike maaltye verskaf. Hotel Eberwein bied ouwêreldse sjarme en ‘n Victoriaanse atmosfeer aan, terwyl die Hansa ‘n klassieke ou gebou is wat die atmosfeer van ‘n vergange era het, terwyl dit sentraal geleë is.

Sam’s Giardino is ‘n meer intieme boetiekhotel wat verblyf van hoë gehalte aanbied. Hotel Pension Rapmund is ‘n bekostigbare keuse, is sentraal geleë en is ideaal vir gesinne.

Vir reisigers wat selfsorg-akkommodasie vereis, is Alte Brücke die perfekte keuse. Die Swakopmund Munisipale Ruskamp voorsien sakpas-akkommodasie vir hengelaars of diegene met ‘n beperkte begroting.

Die Swakopmund Hotel en Vermaaklikheidsentrum is in die pragtige ou stasiegebou geleë en bied luukse akkommodasie, ‘n casino en restaurante aan reisigers wat ‘n paar dae lank in luukse omstandighede wil ontspan.

Dit is waarlik ‘n dorp vir alle besoekers.

Swakopmund is langs die weskus in Namibië geleë. Mense van Suid-Afrika mag besluitom Gaborone onderweg na Swakopmund aan te doen en by Cresta Lodge in Botswana te oornag. As jy vanaf die noorde na Swakopmund ry mag jy dalk Toro Lodge of die duurder Mowana Lodge in Kasane aandoen. Vandaar kan jy Namibië deur die Caprivi binnegaan en 'n dag of drie by Mazambala Eiland Lodge vertoef

Meer en meer besoekers aan Swakopmund wil ook zimbabwe besoek en daarom beveel Temba akkommodasie soos die Great Zimbawe Hotel, Caribbea Bay Hotel and Sikumi Tree Lodge aan. Hulle bied almal uitstaande akkommodasie

Geen besoek aan Namibie is volledig sonder 'n besoek aan die beknde Waterberg Plato Nasionale park nie. daarom beveel ons sterk aan dat jy die Waterg besoek voor of na jou verblyf by Swakopmund.

Alte Brucke Swakopmund The Stiltz Swakopmund Die Beach Hotel Smas Giardino Die Hansa Hotel Swakopmund Hotel and Entertainment Centre Swakopmund munisipale huisies Hotel Pension Rapmund